GRANE
Hawer
Groei later in die seisoen. Gee baie materiaal en is goed vir grondgesondheid.
Vorm harde strooi, breek stadig op en hou dus langer as deklaag.
Gars
Groei vinnig en vroeg in die seisoen. Goed vir grondgesondheid.
Vorm harde strooi, breek stadig op en hou dus langer as deklaag.
Korog
Groei yl, maar gee baie hoogte. Gee baie materiaal. Vaar beter in leemgronde.
Rog
Bevat die meeste vesel en hou die langste. Vaar beter in sanderig grond.
​
Swarthawer
Baie stadige groeier, groei eers in lente. Groei hoog, gee baie materiaal.
​
Lupiene
Blomme lok natuurlike predatore en bye. Bind stikstof.
Vaar nie goed saam met grane in mengsels nie, doen beter as monokultuur.
Wieke
Lente-groeier met 'n rank-groeiwyse. Blomme lok natuurlike predatore en bye. Baie goeie stikstofbinder. Hervestig homself goed.
Voererte
Vinnige groeier met 'n rank-groeiwyse. Blomme lok natuurlike predatore en bye. Stikstofbindend.
Vorm minder materiaal as wieke.
​
PEULGEWASSE
Serradella
Lente-groeier met 'n rank-groeiwyse. Blomme lok natuurlike predatore en bye. Baie goeie stikstofbinder. Hervestig homself goed.
​
Klawer
Groei beter in warmer maande, werk nie in winter-mengsels nie. Stikstofbindend. Dra blomme dwarsdeur die somer en lok natuurlike predatore en bye. Gee goeie grondbedekking.
Medics
Groei in winter, nie in somer nie. Stikstofbindend. Blomme lok natuurlike predatore en bye. Gee goeie grondbedekking. Werk nie in mengsels met grane nie, eerder in mengsels met klawers.
Fababone
Groot, sterk plant wat baie stikstof bind. Blomme lok natuurlike predatore en bye. Vaar goed in mengsels. Benodig baie water indien dit as monokultuur geplant word. Werk goed in baie nat toestande.
Radys
Dik penwortelstelsel wat grond losmaak en grondverdigting opbreek.
Gebruik baie stikstof. Nie 'n gasheer vir voordelige grondorganismes bv. Mycorrhiza nie.
​
Mostert
Penwortelstelsel help vir grondverdigting. Geel blomme is goed vir bye en natuurlike predatore. Groei baie hoog, ongeveer 2 m.
Hoë vraag na stikstof, onderdruk grondgesondheid - bevorder nie Mycorrhiza nie.
Voerraap
Dik penwortelstelsel wat grond losmaak en grondverdigting opbreek, maar groei meer bo-gronds / vlakker as radys.
Gebruik baie stikstof. Nie 'n gasheer vir voordelige grondorganismes bv. Mycorrhiza nie
Voerbeet
Dik penwortelstelsel wat grond losmaak en grondverdigting opbreek, maar groei meer bo-gronds / vlakker as radys.
Gebruik baie stikstof. Nie 'n gasheer vir voordelige grondorganismes bv. Mycorrhiza nie
Kanola
Penwortelstelsel help vir grondverdigting. Geel blomme is goed vir bye en natuurlike predatore.
Hoë vraag na stikstof, onderdruk grondgesondheid - bevorder nie Mycorrhiza nie.
​
Phacelia
Blomme lok bestuiwers en natuurlike predatore van peste.
​
​
​
​
​
​
GRASSE
Grasse word geplant vir bedekking en/of weiding.
Dit voorkom erosie en bind stikstof in die grond.
Raaigras
Wintergras.
Eenjarig of meerjarig.
Swenkgras
Wintergras, gee goeie somerproduksie.
Tropiese/
Subtropiese grasse
Somergroeier.
Smutsvinger-gras
Somergroeier.
Bermuda (kweek)
Benodig minder water en is taaier as Kikuyu.
Kikuyu
Sterk, agressiewe groeier.