top of page
Search

Kunsmis pryse, kaf en medics

Hoe kan ek minder kunsmis gebruik, sonder dat produksie afneem en

kan dekgewasse kunsmis gebruik verminder?


Wat ek waargeneem het die afgelope paar jaar is dat grondvrugbaarheid en grondgesondheid geensins toeneem op kaal onbedekte gronde nie. In terme van dekgewasse, werk grane en grasse die beste vir langtermyn grondbedekking. Rog en korog werk die beste as eenjarige gewasse en die swenkgrasse die beste meerjarig gewas (in die werksrye van boorde en wingerde). Rog en Korog se materiaal breek stadig af en bedek die gronde vir langer as wat peulgewasse doen. Dekgewasse soos medics en klawers gee bedekking in die winter, maar baie min material bly oor gedurende die somermaande. Hulle verweer vinnig en gee nie heeljaar grondbedekking nie.

Verder verdig gronde onder medics en klawers agv hul klein wortelstelsels. Gronde onder grane en grasse is meer deurlig agv die groter wortelsstelsel van grane. Daarom dat ons hoofsaaklik n graan/gras gebaseerde mengsels gebruik op kaal en arm gronde. Die bedekking van gronde met organiese materiaal skep 'n gunstige omgewing vir mikrobes onder dit. Die organismes maak die minerale in die grond meer beskikbaar en verhoog die vrugbaarheid van grond. Die proses neem 12 tot 24 maande se bedekking voor die proses aan die gang kom. Dus kan organiese materiaal van dekgewasse 'n paar jaar neem voor jy bemesting kan verminder. Wanneer gronde bedek is met baie organiese materiaal (van vorige jaar se graan dekgewasse), kan daar dan gekyk word om 'n meer permanente klawer/medic dekgewas te vestig. Die medics en klawers sal die grondvrugbaarheid verder verhoog, maar net as daar genoeg organies materiaal teenwoordig is. Na 2 tot 3 jaar van net medics en klawers, verdwyn die organiese materiaal van die kaf onder die medics en klawers. Die gronde raak kaal, onkruid neem toe soos klawers en medics uitsterf, en bankies raak verhard en kaal gedurende die somermaande. Klawers en medics het dus voldoende organiese materiaal nodig om te oorleef. Vir organiese materiaal vir klawers en medics, plant elke 2de jaar graan in tussen die medics en klawers om weer koolstof te bou, die grond te deurlug, en sodat die klawers en medics weer kan floreer.


Sien onderstaande video vir 'n voorbeeld.

Kliek op subscribe as jy die video kyk. Dit help dat Youtube ons ander videos ook vir jou wys wanneer hul opgelaai word.


Groete

Stoney


PS: Indien jy hierdie artikels per e-pos wil ontvang soos hulle geskryf word, Kliek hier




16 views

Σχόλια


bottom of page